# Eskom het sy kwytskelding verleng van registrasieverwante koste vir sonkragstelsels van tot 50 kVA in besit van kwalifiserende klante. Die kwytskelding is van toepassing op klante wat direk deur Eskom voorsien word, wat hulle meer tyd gee om netwerkgekoppelde dakstelsels te registreer sonder om die nutsmaatskappy se registrasiefooie te betaal. Eskom sê registrasie bly […]
# CapeNature sê die Wes-Kaap se plante, diere en ekosisteme is onder toenemende druk weens brande, indringerspesies en die verlies aan natuurlike omgewing. Die organisasie se verslag vir 2026 toon 107 brande het die afgelope jaar meer as 215-duisend hektaar in die provinsie vernietig, bykans drie keer meer as die vorige jaar. Die verslag dui […]
# Die regering sê sy vierpunt-herstelplan sal die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord versterk. Die plan beoog om polisiëring, ondersoeke, forensiese werk en vervolgings te verbeter, en sal fokus op onopgeloste moorde, verkragtings en ernstige seksuele misdrywe waarby vroue en kinders betrokke is. Mans en seuns word ook aangemoedig om hulle uit te spreek teen […]
# City Power sê hy het 45-persent van die elektrisiteitstoevoer herstel wat deur ‘n brand by sy sentrale substasie in Johannesburg geraak is. Volgens die nutsmaatskappy is die herstel vroeër as die verwagte tydperk van sewe dae voltooi. Krag is na die Carlton-sentrum en Standard Bank herstel, terwyl Selby deur ‘n alternatiewe roete voorsien word. […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die ekonoom Franz Ruch aangestel as adviseur en as die sewende lid van die Monetêre Beleidskomitee. Volgens ‘n verklaring het hy uitgebreide kundigheid oor monetêre beleid. Hy was voorheen by die Wêreldbank, waar hy as senior ekonoom gedien het. Ruch het leiding geneem met navorsing, tegniese ontleding en die skryf […]
# KPMG se hoofekonoom, Frank Blackmore, sê veranderings in die wêreldekonomie kan nuwe geleenthede in Afrika skep. Hy sê die groeiende vraag na kunsmatige intelligensie, hernubare energie en elektriese voertuie verhoog die behoefte aan Afrika se minerale en energiehulpbronne. Hy sê Afrikalande benodig beter infrastruktuur, betroubare elektrisiteitsvoorsiening, meer vaardighede en verwerkingsaanlegte om nog beleggings te […]
# Die vakbond Solidariteit het verskeie staatsinstellings en munisipaliteite gewaarsku om nie bepalings van die Wet op Openbare Verkryging, wat tans ongeldig is, in tenderprosesse te gebruik nie. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof gelas het die wet is onregmatig verorden. Theuns du Buisson van Solidariteit sê ras-, geslags- of gestremdheidsvereistes wat verbind word met […]