# Die Randburgse Landdroshof in Gauteng het die Zimbabwiese sakeman en voormalige voorsitter en direkteur van die Moriel-infrastruktuurgroep, Lawrence Mudzinganyama, borgtog van 15-duisend-rand toegestaan. Hy staan tereg op tien aanklagte, insluitend intimidasie, aanranding met die doel om ernstig te beseer, crimen injuria en bedrog na ‘n voorval in ‘n restaurant in Sandton, Johannesburg. Hy het […]
# Bangladesj waarsku die knokkelkoors-uitbreking kan vererger nadat September die dodelikste maand vanjaar was. Minstens 148 mense is verlede maand dood, wat die dodetal vanjaar op 245 te staan bring. Byna 80-duisend pasiënte is reeds in hospitale opgeneem. Kenners sê onlangse reënval en veranderende weerstoestande kan die verspreiding van die siekte, wat deur muskiete versprei […]
# Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Alexandra Abrahams, het met belanghebbendes vergader om vordering met die Meesterplan vir Hernubare Energie te hersien. Die komitee sluit verteenwoordigers in van die regering, die bedryf, georganiseerde arbeid en die hernubare energiesektor. Abrahams sê die energie-oorgang moet bekostigbaarheid en toeganklikheid vooropstel en die ekonomie ondersteun. Sy sê die […]
# ’n Australiese egpaar is uiters dankbaar dat hulle gered is nadat ’n potvis hul seiljag naby Nieu-Seeland getref het. Jeremy en Jemma Cooper was saam met twee ander bemanningslede sowat 250 seemyl noord van Norfolk-eiland toe die seiljag begin sink het. Hulle het 17 uur lank op ’n reddingsvlot deurgebring voordat die bemanning van […]
# Krieket: Die ervare plaaslike spelers Faf du Plessis, Rassie van der Dussen en Wiaan Mulder is beskikbaar op volgende week se veiling vir SA20 se vyfde seisoen. Honderd-56 spelers is op die kortlys nadat 789 aansoeke ontvang is. Vyf-en-negentig Suid-Afrikaners en 61 oorsese spelers is beskikbaar vir vier spanne. Durban’s Super Giants en Paarl […]
# Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Somadoda Fikeni, waarsku korrupsie en ingewortelde mislukkings in Suid-Afrika is nie toevallig nie. Hy het die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Openbare Administrasie en Bestuur in Durban toegespreek. Fikeni sê ondoeltreffendheid kan ‘n winsmodel word vir diergene wat daarby baat vind. Hy beskryf dit as ‘n politieke ekonomie van ondoeltreffendheid, waarin […]
# Die Wes-Kaapse Department van Infrastruktuur het ‘n vyfjaar-ooreenkoms onderteken met die Forum vir Kunsmatige Intelligensie vir Ontwikkelende Lande in Genève om die verantwoordelike gebruik van kunsmatige intelligensie in infrastruktuurontwikkeling te bevorder. Die LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê die moontlike gebruik van KI sal ondersoek word vir infrastruktuurbeplanning, projekmonitering, besluitneming en om projekte beleggingsgereed […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het planne aangekondig waarvolgens Suid-Korea 3,3-duisend-miljard-rand in Amerikaanse projekte sal belê, insluitend agt kernreaktors en ‘n gasgedrewe kragsentrale in Texas. Seoul sê ‘n voorgestelde pypleiding vir aardgas in Alaska is nog nie bevestig nie en moet eers aan handels- en regs-evaluering voldoen. Die belegging vorm deel van ‘n groter […]