# Die Zimbabwiese sakemagnaat Wicknell Chivayo en sy vrou is in ‘n helikopterongeluk naby Marondera, oos van Harare, dood. Daar was ses mense aan boord en geen oorlewendes nie. Chivayo was bekend vir sy uitspattige leefstyl, noue bande met president Emmerson Mnangagwa en ander Afrika-leiers, asook winsgewende staatskontrakte wat onder die soeklig was. Daar was […]
# Tennis: Die Spanjaard Carlos Alcaraz sê om van vyfstel-wedstryde ontslae te raak sal die nalatenskap van Grand Slam-toernooie uitwis. Daar is ‘n toenemende debat oor werkslading, die laat voltooing van wedstryde en die eise van die speelskedules. Dit het stukrag gekry tydens verlede maand se Amerikaanse Ope-kwarteindronde toe die Amerikaner Ben Shelton vir Alcaraz, […]
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het die eerste werkende prototipe van ‘n digitale identiteitsdokument aangekondig en regstreeks met sy eie besonderhede gedemonstreer. Die slim-identiteitskaarte bly beskikbaar, terwyl die digitale dokumente van biometriese bevestiging gebruik sal maak. Schreiber het ook bevestig dat die groen identiteitsdokument nie meer na 31 Maart volgende jaar vervaardig […]
# Die rand het deur 16-rand-60-sent teenoor die dollar gebreek en sy swakste vlak in byna twee maande bereik. Die dollar versterk namate die opbrengste van Amerikaanse staatseffekte styg, terwyl hoër oliepryse en verwagtinge van Amerikaanse rentekoersverhogings druk verhoog. Die rand ondervind ook ‘n brandstofprysskok, met petrol- en dieselpryse wat na verwagting volgende week met […]
# Die regering het bevestig dat 53 gesinne vandag na Angola reis as deel van Suid-Afrika se afvaardiging vir die Angolese projek vir die repatriëring van bannelinge. Die program, wat deur die Suid-Afrikaanse Departement van Sport, Kuns en Kultuur gelei word, het ten doel om die oorskot van sowat vyfduisend bevrydingshelde wat tussen 1976 en […]
# Staatsaanklaers het nog ‘n aanklag bygevoeg teen die adjunk nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, te midde van sy borgtogaansoek in die Randburgse Landdroshof in Gauteng. Die aanklag vir die onwettige bewaring van ‘n vuurwapen hou verband met ‘n vuurwapen wat in sy voertuig gevind is tydens sy inhegtenisneming. Sibiya staan tereg op onder meer verkragting, […]
# Die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika gaan ‘n afsonderlike marktoesigeenheid stig om te waak teen monopolistiese praktyke in Suid-Afrika se Groothandel Elektrisiteitsmark. Die hoofbestuurder van Energiemarkdienste, Andrew Etzinger, sê die eenheid is ‘n vereiste voor die nuwe elektrisiteitsmark in April 2027 in werking tree. Hy sê die Mededingingskommissie sal ook toegang tot markinligting hê om […]