# Die Departement van Binnelandse Sake berei ‘n landwye veldtog voor om elke Suid-Afrikaanse burger sonder ‘n identiteitsdokument in die 2028/29-boekjaar te dokumenteer. Minister Leon Schreiber het op die bekendstelling van die Quantum Leap-vernuwingsprojek in Johannesburg gesê die digitale hervormings sal laat geboorteregistrasies en dokumentasie-prosesse hersien en mobiele biometriese tegnologie inspan. Hy sê die doelwit […]
# Die Europese Unie se Gesondheids- en Voedselveiligheidsdienste het die Namibiese regering geprys vir sy vinnige, deursigtige en doelgerigte optrede ná die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer. Die regering het verlede week beheermaatreëls ingestel, insluitend die opskorting van in- en uitvoere van gesplete hoefdiere. Die EU se ambassadeur in Namibië, Ana Beatriz Martins, sê die uitbreking […]
# ActionSA verwelkom die Verkiesingskommissie se beëdigde antwoord wat ingedien is teen die DA se aansoek in die Kieshof. Die party sê dit bevestig sy standpunt dat die DA se saak opportunisties, huigelagtig en ligsinnig is. Die DA voer aan die EFF, die MK-party, ActionSA en die GOOD-party het doelbewus kandidate vir kiesers verberg deur […]
# Die maatskaplike sekerheidsagentskap SASSA verwerp bewerings dat enige geld wat in ‘n begunstigde se bankrekening ontvang word, lei tot die beëindiging van ‘n toelaag. Woordvoerder Andile Tshona sê begunstigdes moet aan die wettige vereistes voldoen en, indien nodig, die inkomste- en batetoets slaag om te kwalifiseer. Hy voeg by ‘n hersiening van ‘n toelaag […]
# Die vakbondfederasie COSATU in Gauteng eis ‘n omvattende ondersoek nadat ‘n helikopter-vlieënier vroeër die week ‘n pletterlanding gedoen het tydens ‘n grootskaalse klopjag op onwettige mynbou in Maphahla naby Fochville. Dit het plaasgevind tydens ‘n gesamentlike wetstoepassingsoptrede, Operasie Prosper/Karabo, waartydens 121 vermeende onwettige mynwerkers aangekeer en beslag gelê is op vyf vuurwapens. COSATU se […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare is bekommerd oor die Nasionale Tesourie se voorstel om die bestuur en belegging van onopgeëiste finansiële bates te sentraliseer, insluitend miljarde rand in onopgeëiste aftreevoordele. Die Tesourie het ‘n raamwerk voorgestel om die bestuur van onopgeëiste finansiële bates van meer as 88-miljard-rand te sentraliseer wat aanvanklik op onopgeëiste aftreevoordele sal […]