# Die Verkiesingskommissie sê die DA se hofsaak oor proporsionele verteenwoordigingslyste is sonder meriete. Die DA het die Kieshof genader en beskuldig die EFF, MK-party, ActionSA en die GOOD-party dat hulle kiesers probeer mislei deur nie ʼn volledige lys kandidate bekend te maak nie. Hierdie partye het in sommige munisipaliteite slegs een proporsionele kandidaat. Die […]
# Die Stad Kaapstad sê met laer damvlakke en ʼn lang, droë somer wat verwag word, is dit belangrik om elke liter drinkwater te spaar. Die metro se ontspanningsgeriewe en parke spaar daagliks sewe-miljoen liter water deur gesuiwerde afvloeiwater vir besproeiing en ander doeleindes te gebruik. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê […]
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê dis nog nie seker of Iran betrokke was by gister se Flydubai-gebeure nie. ‘n Medevlieënier op ‘n vlug na Tel Aviv het die vlieënier met ‘n mes gesteek in ‘n klaarblyklike poging om die vliegtuig te laat neerstort. Passasiers en bemanningslede het hom oorrompel en twee ander […]
# Die GOOD-party sê die Stad Kaapstad bied nie voldoende water- en-sanitasiedienste aan informele nedersettings nie. Hy sê meer as 400-duisend Wes-Kaapse huishoudings woon in swak toestande in informele nedersettings, die meeste in Kaapstad. GOOD se sekretaris-generaal Brett Herron sê die Openbare Beskermer het die metro in Julie skuldig bevind dat hy nie sy grondwetlike […]
# City Power sê hy bly op hoë gereedheisgrondslag met voortgesette reën in Johannesburg wat herstelwerk aan infrastruktuur en herstel van foute in die wiele ry. Teen gistermiddag het die kragverskaffer reeds vierduisend-en-84 oproepe van kliënte vanuit agt diensleweringsentrums ontvang. Die woordvoerder van City Power, Isaac Mangena, sê tegniese spanne bly op gereedheidsdiens om te […]
# Die vakbond GIWUSA waarsku dat nog stygings in brandstofpryse die druk op sukkelende huishoudings verder sal laat toeneem. Volgens data van die Sentrale Energiefonds gaan Suid-Afrika volgende week die hoogste petrolprys ooit betaal met die onderverhaling wat pryse tot bo 30-rand per liter gaan opstoot. GIWUSA se president, Mametlwe Sebei, pak die skuld op […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare vra ʼn dringende parlementêre ondersoek nadat die Departement van Korrektiewe Dienste ʼn vrywarings-ouditmening vir die 2025/2026-boekjaar ontvang het. Die oudit-uitslag kom te midde van beweerde kommer oor die departement se voedselvoorsiening-kontrakproses vir vyf jaar waarby 115 diensverskaffers en 66 voedingsprodukte betrokke is en wat meer as een-miljard-rand beloop. Die vakbond-woordvoerder, […]