Skip to content

Verkiesingskommissie kritiseer DA se hofsaak oor lyste vir proporsionele verteenwoordiging

# Die Verkiesingskommissie sê die DA se hofsaak oor proporsionele verteenwoordigingslyste is sonder meriete. Die DA het die Kieshof genader en beskuldig die EFF, MK-party, ActionSA en die GOOD-party dat hulle kiesers probeer mislei deur nie ʼn volledige lys kandidate bekend te maak nie. Hierdie partye het in sommige munisipaliteite slegs een proporsionele kandidaat. Die DA eis dat die vier partye se lyste onwettig verklaar word. Die Verkiesingskommissie sê die verligting wat die DA soek, sal die plaaslikeregeringsverkiesing se integriteit in gedrang bring.