# Sokker: Cristiano Ronaldo het Portugal se kamp verlaat voor vanaand se UEFA-Nasiesligawedstryd teen Denemarke en beloof hy sal mettertyd die rede onthul. Die 41-jarige was ‘n ongebruikte plaasvervanger tydens Sondag se oorwinning van 2-1 oor Noorweë. Dit het berigte laat ontstaan oor moontlike onmin met afrigter Jorge Jesus, wat ook bevestig het hy beplan […]
# Die leier van die EFF, Julius Malema, is heftig gekant teen die ontbinding van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie. Politieke partye in die ad hoc-komitee wat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings ondersoek, is verdeeld oor die saak. Die komitee beraadslaag steeds oor sy langverwagte voorlopige verslag. Die DA sê die direktoraat moet ontbind […]
# ‘n Dodesel-inwoner van Tennessee, Christa Pike, is in die hospitaal nadat gisteraand se teregstelling in Nashville misluk het. Die 50-jarige is in 1996 ter dood veroordeel vir die moord op die 19-jarige Colleen Slemmer. Sy sou die eerste vrou in meer as 200-jaar wees om in Tennessee tereggestel te word. WPLN se verslaggewer, Catherine […]
# Die DA in die Wes-Kaap veroordeel die verwydering van sy burgemeester in Theewaterskloof as nog ‘n voorbeeld van die onbestendigheid wat die ANC, die Patriotic Alliance en die EFF veroorsaak. Provinsiale leier Tertuis Simmers sê terwyl Lincoln de Bruyn die finansiële gemors van die ANC/PA-koalisie moes oplos, het hy en sy spanne probeer om […]
# Die Stad Tshwane en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad het saamgespan om bewys-gebaseerde besluitneming te versterk en dienslewering te verbeter. Betroubare data en geïntegreerde inligtingstelsels sal diensleweringsprobleme vroeër uitwys, samewerking verbeter en aanspreeklikheid versterk. Die metro sê ʼn platform vir data en ontledings sal sy dienslewerings-bevelsentrum ondersteun deur probleme na te spoor, ingryping te monitor […]
# Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het in die 2025/26-verslagperiode vyf-duisend-259 gevalle aangeteken. Die vernaamste gevalle van wangedrag onder polisielede was steeds aanranding en marteling, waarvan drie-duisend-468 geregistreer is. Daar was 669 voorvalle waar ʼn amptelike vuurwapen afgevuur is en 464 sterftes weens polisie-optrede. Die meeste gevalle is in die Wes-Kaap en Gauteng aangemeld. OPOD se woordvoerder, […]
# Sokker: Manchester City se hoofborg, Etihad-lugredery, oorweeg regstappe teen die Engelse Premierliga. City is skuldig bevind aan al die aanklagte in verband met die verbreking van die liga se finansiële reëls tussen die 2009-2010 en 2017-2018 seisoene. ‘n Onafhanklike kommissie het bevind die klub het vals kontrakte met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan […]