Nuus 09:00
BULLETIN 1 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Tau sê die regering is daartoe verbind om die land van die gryslys af te hou
# Hegseth sê die Amerikaanse weermag gaan van 20-persent van sy generaals en admirale ontslae raak
# En tennis: Djokovic het op ‘n wennoot afgeskop by die Chinese Ope
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die regering is daartoe verbonde om Suid-Afrika van die gryslys af te hou en die land ‘n plek te maak waar niemand agter ‘n maatskappy kan skuil nie. Suid-Afrika is op 24 Oktober 2025 amptelik van die Finansiële Aksietaakspan se gryslys verwyder na 32 maande van verskerpte internasionale monitering. Tau sê die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom se eienaarskapregister en samewerking tussen agentskappe sal die regering se pogings om finansiële integriteit te bevorder en geldwassery te beveg, toepas.
# Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Owerheidsvereniging het daadwerklike, dringende optrede teen geslagsgeweld en vrouemoord geëis en terselfdertyd gewaarsku onderbefondsde munisipale infrastruktuur gaan voort om plaaslike veiligheidspogings in die wiele te ry. President Cyril Ramaphosa het ‘n nasionale vierpuntplan aangekondig wat ontwerp is om die strafregregstelsel te versterk en regeringsoptrede teen geslagsgeweld te versnel. Die woordvoerder van SALGA, Motalatale Modiba, sê plaaslike regerings het ‘n regstreekse verantwoordelikheid om openbare ruimtes veiliger te maak vir vroue:
# ActionSA in KwaZulu-Natal verwelkom die eThekwini-raad se besluit om fondse beskikbaar te stel vir die permanente aanstelling van 85 veiligheidsbeamptes. Die party sê egter dis te min gegewe die omvattende gebruik van uitgekontrakteerde sekuriteit. ActionSA-woordvoerder Zwakele Mncwango sê meer as 160-miljoen-rand word jaarliks aan uitgekontrakteerde sekuriteit bestee. Hy sê die metro moet permanente aanstellings bespoedig om geld te bespaar en bestendige werk te verskaf:
# Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, het planne bevestig om generaals en admiraals met 20-persent te verminder en sê dit moes lankal gebeur het. Daar is meer as 800 generaals en admiraals op aktiewe diens in die weermag, vloot, marinierskorps, lugmag en ruimtemag. Die besnoeiing van hoë range in die Amerikaanse leër kom ten spyte van die sewe maande lange oorlog teen Iran en die hoë gebruik van ammunisievoorrade. Hegseth het by die marinierskorps se basis in Quantico in Virginia gesê hulle behou ook dienspersoneel teen “rekordgetalle”:
# Tennis: Die sesmalige Chinese Ope-kampioen, Novak Djokovic, het sy eerste verskyning by die geleentheid sedert 2015 met ‘n oorwinning afgeskop. Die Serwiër het Nuno Borges van Portugal met 6-3, 7-6 geklop om sy onoorwonne rekord in Beijing te behou. Djokovic en China se promotorskeuse, Bu Yunchaokete, wat met die Argentyn, Juan Manuel Cerundolo, afgereken het, spook sake in die tweede ronde uit. In die vroue-afdeling het die Britse nommer-een, Katie Boulter, haar veldtog begin met ʼn sege oor die Japannese kwalifiseerder, Mai Hontama.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-44-sent teen die dollar, 18-rand-61-sent teen die euro en 21-rand-78-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-746-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-173-dollar-6-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 100-dollar-60-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….