Skip to content

Tshwane werk saam met WNNR om monitering van dienslewering te verbeter

# Die Stad Tshwane en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad het saamgespan om bewys-gebaseerde besluitneming te versterk en dienslewering te verbeter. Betroubare data en geïntegreerde inligtingstelsels sal diensleweringsprobleme vroeër uitwys, samewerking verbeter en aanspreeklikheid versterk. Die metro sê ʼn platform vir data en ontledings sal sy dienslewerings-bevelsentrum ondersteun deur probleme na te spoor, ingryping te monitor en verantwoordelikheid vir die oplossing daarvan toe te wys. Hy sê die doel is om ʼn deursigtige en aanspreeklike Tshwane te bou.