# Die rand het deur 16-rand-60-sent teenoor die dollar gebreek en sy swakste vlak in byna twee maande bereik. Die dollar versterk namate die opbrengste van Amerikaanse staatseffekte styg, terwyl hoër oliepryse en verwagtinge van Amerikaanse rentekoersverhogings druk verhoog. Die rand ondervind ook ‘n brandstofprysskok, met petrol- en dieselpryse wat na verwagting volgende week met ongeveer drie-rand per liter sal styg. Ekonome waarsku dat dit inflasie tot vyf-persent kan opstoot en ‘n verdere rentekoersverhoging in November kan veroorsaak. Ontleders noem ook verslegtende ruilvoorwaardes en afnemende ondersteuning vir verbruiksgoedere-pryse.
Rand breek deur R16,60-vlak teenoor die dollar