# Die Openbare Beskermer Kholeka Gcaleka het bevind voormalige Ekurhuleni Stadsbestuurder Imogen Mashazi onbehoorlik opgetree het deur ‘n ongekwalifiseerde amptenaar in ‘n senior posisie by die Metropolisie aan te stel. Die ondersoek het bevind Ndumiso Gcwabe het nie die vereiste Nasionale Kwalifikasieraamwerk Vlak Sewe-kwalifikasie gehad toe sy as Adjunkhoof van Metropolisie: Sekuriteit en Verliesbeheer aangestel […]
# Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het haar kantoor se prestasie geprys, nadat hy vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar ‘n skoon oudit behaal het. Gcaleka sê die instelling se saakafhandeling het tot 89-persent verbeter, terwyl sake wat deur die howe hersien is, met 87-persent afgeneem het. Sy sê die implementering van regstellende maatreëls het tot […]
# Die Randburgse Landdroshof het aantygings gehoor oor ‘n aand toe die geskorste adjunk nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, en twee meisies, van onderskeidelik 16- en 18-jaar-oud jaar oud saam was. ‘n Ondersoekbeampte, bekend as sersant Ndlovu, het getuig Sibiya het die meisies na bewering na ‘n ontkleeklub geneem voor hul teruggekeer het na ‘n hotel, […]
# Israel wil vasstel wat aanleiding gegee het tot ‘n voorval waarin ‘n Flydubai-medevlieënier na bewering die kaptein op ‘n vlug van Dubai na Tel Aviv aangerand het. Die beseerde kaptein kon daarin slaag om die kajuitdeur oop te maak, waarna passasiers en reserwebemanningslede die vermeende aanvaller oorweldig het voor die vliegtuig veilig in Saoedi-Arabië […]
# Die DA het die Kaapstadse politikus AbdulKader Elyas se lidmaatskap beëindig nadat ‘n interne ondersoek bevind het hy het vals inligting oor sy kwalifikasies verskaf. Hy het in 2024 skuld erken op vyf dissiplinêre aanklagte wat daarmee verband hou, maar is toegelaat om in die party te bly. Die DA se regskommissie het later […]
# Rugby: Die vier Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap wil voortbou op hul goeie begin van die seisoen. Die Stormers, die Bulle, die Leeus en die Haaie het almal oorwinnings behaal in die eerste ronde, maar ‘n uitdagende naweek lê voor. Die Stormers speel in Skotland teen Edinburgh, die Leeus in Johannesburg teen Ospreys, […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwelkom Eskom se besluit om sy kwytskelding van registrasiekoste vir klein sonkragstelsels van tot 50 kilovoltampère tot verdere kennisgewing te verleng. Die organisasie sê Eskom dring egter steeds aan dat registrasie verpligtend is, selfs vir veilige huishoudelike stelsels wat nie krag na die netwerk invoer nie. OUTA se uitvoerende hoof, […]
# Openbare Beskermer Kholeka Gcaleka vind geen fout met die regering se besteding van 46-miljoen-rand aan twee uitvoerbaarheidstudies vir die voorgestelde Moloto-spoordeurgang wat Mpumalanga en Limpopo met Tshwane sou verbind nie. Daar is bevind die twee studies het verskillende doelwitte. Die eerste studie in 2007 het 30-miljoen-rand gekos en die tweede in 2012 16-miljoen-rand. Gcaleka […]