Skip to content

Openbare Beskermer bevind Mashazi is skuldig aan die aanstelling van ’n ongekwalifiseerde amptenaar in ’n senior EMPD-pos

# Die Openbare Beskermer Kholeka Gcaleka het bevind voormalige Ekurhuleni Stadsbestuurder Imogen Mashazi onbehoorlik opgetree het deur ‘n ongekwalifiseerde amptenaar in ‘n senior posisie by die Metropolisie aan te stel. Die ondersoek het bevind Ndumiso Gcwabe het nie die vereiste Nasionale Kwalifikasieraamwerk Vlak Sewe-kwalifikasie gehad toe sy as Adjunkhoof van Metropolisie: Sekuriteit en Verliesbeheer aangestel is. Gcaleka sê Mashazi het met die aanstelling voortgegaan ten spyte van die tekort. Sy het aanbeveel dat Gcwabe se aanstelling aan ’n geregtelike hersiening onderwerp word. Geen remediërende stappe is teen Mashazi aanbeveel nie, aangesien sy nie vir die Metro werk nie.