# Rugby: Die Stormers en Edinburgh skop vanaand die naweek se Verenigde Rugbykampioenskapsaksie af in die Skotse hoofstad. Môre kom die Leeus in Johannesburg teen die Ospreys te staan, die Haaie speel in Durban teen Leinster, en die Bulle speel teen Munster in Ierland. Al vier Suid-Afrikaanse spanne het die seisoen op ‘n positiewe noot begin deur hul openingswedstryde te wen. Die Bulle loop tans voor op die punteleer, gevolg deur die Haaie en die Stormers, terwyl die Leeus in die sewende plek is.
Rugby: Stormers en Edinburgh skop vanaand die VRK-aksie af in Skotland