# Die Britse teenterrorisme-polisie het ʼn Brits-Iranse burger in Westminster, Londen, in hegtenis geneem in verband met die voorval by RAF Fairford. Die 26-jarige man is aangekeer weens vermeende voorbereiding van “terrorisme-dade”. Die polisie het intussen ʼn tweede man, ʼn 26-jarige Britse burger, ondervra en twee eiendomme deursoek. Die polisie het vyf mans wat Sondag aangekeer is, op borgtog vrygelaat. ʼn Senior teenterrorisme-beampte, Vicki Evans, sê hulle oorweeg alle moontlikhede ‒ insluitend betrokkenheid uit die buiteland. Iran ontken dat hy betrokke was by die vermeende komplot by die lugmagbasis.
’n Brits-Iranse burger gearresteer in verband met die RAF Fairford-voorval