# Die polisie se politieke-moordetaakspan het die Knysna-munisipaliteit in die Wes-Kaap se burgemeester, munisipale bestuurder en finansiële hoof gearresteer. Dit hou verband met ʼn ondersoek na beweerde korrupsie met ʼn veiligheidsdienskontrak. Hoewel die polisie nie die munisipaliteit of amptenare se name bekendgemaak het nie, het die munisipaliteit die inhegtenisnemings in ʼn verklaring bevestig. Die nasionale […]
# President Donald Trump van Amerika erken dat die sewe maande lange oorlog teen Iran die Republikeinse Party se kanse in die November-middeltermyn-verkiesing kan belemmer. Hy het voorheen gewaarsku Teheran wil nie voor die verkiesing ʼn ooreenkoms bereik nie. Iran het onlangs ʼn skietstilstand van sewe dae voorgestel, en dat die Straat van Hormoes in […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 02 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Johannesburgse partyleiers van die ANC, DA, EFF, IFP en ActionSA het hewig gebots in ‘n debat oor koalisies en korrupsie in die stad. Die partye het ook verskil oor dienslewering, behuising en immigrasie. # Mail & Guardian: Skryf […]
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê belegging in toerisme-infrastruktuur is noodsaaklik om seker te maak die sektor kan op die toenemende eise reageer. Volgens Statistiek Suid-Afrika het toerisme in 2024 953-duisend-981 mense regstreeks in diens gehad. Dit is 5,7-persent van die totale arbeidsmag, terwyl die bydrae tot die ekonomie 4,9-persent van die […]
# Die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane het toestemming ontvang om te appelleer teen ʼn Hooggeregshof-bevel in die lastersaak teen EFF-leier Julius Malema. Die kwessie spruit uit Malema se verklaring dat Mabuyane ʼn meestersgraad van die Universiteit van Fort Hare “gesteel” het. Die premier sê die verklaring impliseer bedrog, oneerlikheid en misdadige gedrag. Mabuyane se dringende hofaansoek […]
# Krieket: Die mede-gasheerland, Suid-Afrika, is in die groepfase van die 2027 Mans-Wêreldbeker in Groep B saam met Engeland, Bangladesj, Sri Lanka, Nieu-Seeland en ʼn kwalifiseerder. Die verdedigende kampioene, Australië, is in Groep A saam met Indië, Pakistan, Afghanistan, mede-gasheerland Zimbabwe en ʼn kwalifiseerder. Die Proteas begin hul veldtog op 9 Oktober teen Nieu-Seeland op […]
# Die Britse teenterrorisme-polisie het ʼn Brits-Iranse burger in Westminster, Londen, in hegtenis geneem in verband met die voorval by RAF Fairford. Die 26-jarige man is aangekeer weens vermeende voorbereiding van “terrorisme-dade”. Die polisie het intussen ʼn tweede man, ʼn 26-jarige Britse burger, ondervra en twee eiendomme deursoek. Die polisie het vyf mans wat Sondag […]