Skip to content

Departement van Toerisme help om struikelblokke vir beleggers te verwyder [KLANK]

# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê belegging in toerisme-infrastruktuur is noodsaaklik om seker te maak die sektor kan op die toenemende eise reageer. Volgens Statistiek Suid-Afrika het toerisme in 2024 953-duisend-981 mense regstreeks in diens gehad. Dit is 5,7-persent van die totale arbeidsmag, terwyl die bydrae tot die ekonomie 4,9-persent van die bruto binnelandse produk was. De Lille sê haar departement het ʼn eenheid vir die hantering van toerisme-infrastruktuur geskep om struikelblokke vir beleggers te verwyder en te help dat belangrike projekte uitgevoer word:

ENG DeLilleOnProjects