# Die ANC sê die DA en ActionSA het die Stad Johannesburg se finansieringsplan vir sy kapitaalprogram versper. Hy sê dit sou help om infrastruktuurprojekte vir elektrisiteit, water, paaie en vervoer te finansier as deel van ‘n program van 25-miljard-rand. ANC-woordvoerder Mantombi Nkosi sê die twee partye kan nie kla oor kragonderbrekings, wateronderbrekings en slaggate, […]
# Sowat 400 skole en ander opvoedkundige instellings in Frankryk sal na verwagting vandag gesluit bly met leerderbetogings oor onderwysertekorte en vervalle skoolgeboue wat in sekere gebiede gewelddadig geraak het. Die betogings het verlede maand in die Parys-omgewing en landwyd versprei. Tientalle mense is beseer en die polisie het reeds honderde in hegtenis geneem. Betogers […]
# Die afgetrede Konstitusionele Hof-regter Mbuyiseli Madlanga het universiteite geprys vir hul rol in die vorming van toekomstige leiers en die bevordering van openbare diens. Hy het tydens die Universiteit van Fort Hare se lentegradeplegtigheid in Alice in die Oos-Kaap gepraat, waar ‘n eredoktorsgraad in die regte aan hom toegeken is. Madlanga het die erkenning […]
# Thembisile Xulu is die Departement van Gesondheid se nuwe direkteur-generaal. Sy het die pos amptelik aanvaar nadat die kabinet haar in Augustus aangestel het. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê Xulu is ‘n gekwalifiseerde dokter en het voorheen as uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad gedien. Hy sê sy was langer as […]
# Die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir Menseregte, Volker Türk, waarsku vroue en meisies ly steeds buitensporige skade en word dikwels uitgesluit van besluite wat hul veiligheid raak. In 2024 het bykans 676-miljoen vroue en meisies binne 50 kilometer van konflikgebiede gewoon. Dit is die hoogste syfer sedert die einde van die Koue Oorlog. Türk […]
# Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid het sy beplande markondersoek na Netflix en WhatsApp teruggetrek. Dit was bedoel om hul uitwerking op telekommunikasie- en uitsaainetwerke te evalueer, insluitend voorstelle dat groot platforms tot netwerk-infrastruktuurkoste bydra. OKOSA het ‘n proses in vier fases beplan wat voorleggings deur die bedryf, openbare kommentaar en verhore sou insluit. Die reguleerder sê […]