# Die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir Menseregte, Volker Türk, waarsku vroue en meisies ly steeds buitensporige skade en word dikwels uitgesluit van besluite wat hul veiligheid raak. In 2024 het bykans 676-miljoen vroue en meisies binne 50 kilometer van konflikgebiede gewoon. Dit is die hoogste syfer sedert die einde van die Koue Oorlog. Türk sê die oorgrote meerderheid slagoffers van konflikverwante verkragting, mensehandel en seksuele slawerny is vroue en blywende vrede kan nie gehandhaaf word in samelewings gekenmerk deur diskriminasie en onderdrukking nie.
VN sê meeste slagoffers van konflikverwante verkragting en seksuele slawerny is vroue