# Rugby: Kaartjies is nou te koop vir die Kaapstadse Sewes-toernooi op 5 en 6 Desember. Die Blitsbokke, wat verlede seisoen die reeks- en die wêreldtitel gewen het, mik na ‘n derde opeenvolgende Kaapstadse titel. SA Rugby het kaartjiepryse in alle kategorieë met tussen 17- en 28-persent verlaag. Onbespreekte sitplekke op die tweede vlak van die Kaapstadse stadion kos 180-rand, terwyl die beste sitplekke 500-rand kos vir ‘n volle dag.
Rugby: Kaartjies vir Kaapstadse sewestoernooi nou te koop teen voor-Covid-pryse