# Rugby: Babalwa Latsha keer terug as die vaskopstut en kaptein van die Springbok-vrouespan vir Sondag se toetswedstryd in die Women’s-15 Global Series teen Spanje in Sevilla. Sy ruil plekke met Nombuyekezo Mdliki, wat op die bank begin. Die afrigters, Laurian Johannes-Haupt en Franzel September, het min veranderinge aangebring aan die span wat Italië verlede naweek tuis geklop het. Mary Zulu, wat vroeër vandeesweek by die groep aangesluit het na Libbie Janse van Rensburg beseer is, bied dekking vir die losskakel- en heelagterposisies van die bank af.
Rugby: Latsha terug om die Springbok-vroue teen Spanje aan te voer