# Kaapstad het planne aangekondig om sy ikoniese onvoltooide snelweg te hervorm met ‘n nuwe brug, tonnel, promenade en woonbuurt. Die burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die projek sal verkeersopeenhoping verlig en ongeveer 15 hektaar grond vir behuising, openbare ruimtes en ekonomiese ontwikkeling beskikbaar maak. In die eerste fase sal ‘n nuwe brug oor Buitengracht gebou […]
# Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê korrupsie by Suid-Afrika se grensposte sal nie geduld word nie. Masiapato het tydens ‘n teenkorrupsieveldtog by die OR Tambo-internasionale Lughawe in Gauteng gesê korrupsie waarby grensbeamptes betrokke is, bly ‘n ernstige bekommernis. Hy sê die owerheid en ander belanghebbendes het hulle daartoe verbind om saam te […]
# Die DA het vier burgemeesterskandidate aangekondig vir munisipaliteite in die Oos-Kaap waar die ANC kandidaatlyste vir die plaaslike verkiesing nie betyds ingedien het nie. Karen Smith sal in Sondagsriviervallei meeding, Matthee Nel in Walter Sisulu, Mbongeni Kotana in Port St Johns en Star Mvuyane in Ingquza Hill. Dit bring die DA se aantal provinsiale […]
# Suid-Afrika het die eerste fase van sy verkrygingsproses vir onafhanklike transmissieprojekte uitgestel. Die finale versoek om voorstelle sal dus in die tweede kwartaal van 2027 uitgereik word en nie in die derde kwartaal vanjaar nie. Die Departement van Elektrisiteit en Energie en die Nasionale Tesourie benodig verdere gesprekke met sewe voorafgekeurde bieërs. ‘n Tweede […]
# Die Alliance of Citizens for Change het die inhegtenisneming van die voormalige burgemeester van Knysna, Thando Matika, die waarnemende munisipale bestuurder Boy Ngubo asook die waarnemende hoof- finansiële beampte Busisiwe Lubelwana, verwelkom in verband met beweerde omkoopgeld wat met ‘n sekuriteitskontrak verband hou. Masizole Mnqasela van die alliansie doen ‘n beroep op ‘n onafhanklike […]
# Die Universiteit van Fort Hare het die afgetrede regter van die Konstitusionele Hof, Mbuyiseli Madlanga, tydens sy lente-gradeplegtigheid in Alice met ‘n ere-doktorsgraad in die regte vereer. Madlanga het in die Konstitusionele Hof gedien tot met sy aftrede in Julie 2025. Hy staan nou aan die hoof van die Madlanga-kommissie van ondersoek na beweerde […]
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê aansienlike vordering is gemaak met die bou van die Ntabelanga-dam in die Oos-Kaap. Die dam is deel van die Umzimvubu-waterprojek, wat saam met die Laleni- en Mbokazi-dam, miljarde rande beloop. Majodina sê die regering kon aanvanklik sowat nege-miljard-rand bekostig, wat ‘n herontwerp van die projek […]
# Vrag is besig om by Pakistan se hoofhawe in Karachi op te hoop terwyl vragmotorbestuurders weier om noord te ry uit vrees dat hul voertuie en houers gekonfiskeer sal word vir versperrings rondom Islamabad. Die polisie het in September meer as tweeduisend voertuie gekonfiskeer, waarvan baie steeds vrag vervoer. Die ontwrigting kom voor ‘n […]