Skip to content

Tender vir verkryging van onafhanklike transmissieprojekte uitgestel

# Suid-Afrika het die eerste fase van sy verkrygingsproses vir onafhanklike transmissieprojekte uitgestel. Die finale versoek om voorstelle sal dus in die tweede kwartaal van 2027 uitgereik word en nie in die derde kwartaal vanjaar nie. Die Departement van Elektrisiteit en Energie en die Nasionale Tesourie benodig verdere gesprekke met sewe voorafgekeurde bieërs. ‘n Tweede konsepdokument sal voor die einde van die jaar uitgereik word, saam met ‘n termynstaat vir die nuwe Kredietwaarborgmeganisme, wat in Augustus ingestel is. Die projekte behels die aanlê van een-duisend-164 kilometer kraglyne.