# ‘n Graad 11-leerder van Gauteng het die toekenning as die Beste Senior Wetenskaplike by die 2026 Eskom Ekspo Internasionale Wetenskapuitstalling verower. Rudra Patel, van die UJ Academy Maths, Science and ICT School of Specialisation, het ‘n prys van 75-duisend-rand gewen vir navorsing oor die gebruik van plantekstrakte om die groei van koring te verbeter. […]
# Rugby: Die Stormers het gisteraand in hul tweede Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd op die Hive-stadion met 17-13 teen Edinburgh verloor. Edinburgh het rustyd met 3-0 voorgeloop voor twee strafskoppe deur die losskakel, Yaqeen Ahmed, die Stormers vroeg in die tweede helfte weer die voortou laat neem het. Paul Hill het daarna vir Edinburgh ‘n drie gedruk, […]
# Die legendariese Suid-Afrikaanse musikant Babsy Mlangeni, is op die ouderdom van 83 oorlede. Mlangeni, wat as kind reeds blind was, het vir meer as vyf dekades as gevierde sanger, liedjieskrywer, komponis en kitaarspeler opgetree. Die Gautengse LUR vir Onderwys, Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Lebogang Maile, het Mlangeni se dood as ‘n groot verlies […]
# Die Departement van Basiese Onderwys sê die uitnemendheid wat deur die Nasionale Onderwyserstoekennings erken word, moet help om professionele ontwikkeling te bevorder. Die Departement het onderwysers wat toekennings ontvang het, aangemoedig om hul kennis en onderrigmetodes met kollegas te deel ten einde leer by skole te verbeter. Die woordvoerder, Terence Khala, sê voortdurende onderwyserontwikkeling […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die arrestasie van drie voormalige Knysna munisipale amptenare weens beweerde korrupsie wat met ‘n sekuriteitskontrak verband hou, is ‘n stap in die rigting van groter aanspreeklikheid. Die voormalige burgemeester Thando Matika, die waarnemende munisipale bestuurder Boy Ngubo en die waarnemende hoof- finansiële beampte Busisiwe Lubelwana is in hegtenis geneem. Danie […]
# Nepal beplan om die watervlakke van vier hoëvlak gletsermere te verlaag ná ‘n onlangse ramp waarin meer as een-duisend-400 mense dood is en meer as vyf-duisend steeds vermis word. Die mere Thulagi, Lower Barun, Lumding Tsho en Hongu Two word as van Nepal se gevaarlikste beskou. Die projek van 50-miljoen-dollar sal van beheerde dreinering […]
# Sokker: Manchester City het appèl aangeteken teen die bevinding van ‘n onafhanklike kommissie dat die klub die Premierliga se finansiële reëls oortree het. City is skuldig bevind aan ernstige finansiële oortredings oor nege seisoene, van 2009 tot 2018, insluitend die gebruik van “skyn”-kommersiële kontrakte en die wanvoorstelling van rekeninge. City ontken die beskuldigings en […]
# Die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, sal na verwagting vra vir uitstel van sy dissiplinêre verhoor wat vir Maandag geskeduleer is. Sy regsverteenwoordigers voer aan hy kan nie voortgaan terwyl hy in aanhouding by die Kgosi Mampuru-korrektiewe sentrum is nie. Die dissiplinêre verrigtinge hou verband met bewerings van die Madlanga-kommissie, insluitend die beweerde […]
# Die Absa-aankopebestuurdersindeks is ná drie maande van inkrimping, terug op groeivlakke en het in September met 4,9-punte tot 50,7-gestyg. Aankope-bestellings het ook verbeter, terwyl sakebedrywighede skerp herstel het. Indiensneming het egter verswak, en vervaardigers het steeds te kampe met hoër brandstof-, vervoer- en insetkoste. Vertragings by die Durban-hawe in KwaZulu-Natal het ook die lewering […]