# Gholf: Die nuweling op die Sonskyn-toer, Cole Stevens van Suid-Afrika, het ‘n voorsprong van drie houe geneem in vandag se derde ronde van die Limpopo-kampioenskap op die Euphoria Gholf- en Leefstyl-landgoed. Stevens het ‘n brouhou-vrye ronde van ses onder baansyfer 65 aangeteken om tot op 12 onder baansyfer te vorder. Jacques Blaauw is tweede […]
# Die Johannesburgse Metropolisie het ‘n vlaag aanvalle op sy personeel veroordeel. ‘n Verkeersbeampte, Reagan Joseph, is Donderdag doodgeskiet toe hy en twee kinders in sy privaat voertuig was. Een van die kinders is beseer en in die hospitaal opgeneem. Woordvoerder Xolani Fihla, sê dit is die derde aanval binne ‘n week. In die ander […]
# Parlement se Portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê hy gaan DIRCO vra om die omstandighede rondom die derde demarche binne nege maande teen die Amerikaanse ambassadeur, Leo Brent Bozell, te verduidelik. Die komitee se voorsitter, Mosa Chabane, sê Suid-Afrika se soewereiniteit moet gerespekteer word. Die komitee beklemtoon diplomate word verplig om die wette […]
# Tygerberg-hospitaal vier sy 50ste bestaansjaar met die herdenking van vyf dekades van gespesialiseerde gesondheidsorg in die Wes-Kaap. Sedert sy opening in 1976 het die hospitaal pasiënte met ingewikkelde mediese toestande behandel en geslagte gesondheidsorgwerkers opgelei. Die hospitaal was ook betrokke by belangrike mediese deurbrake, waaronder Suid-Afrika se eerste vierling wat deur middel van in-vitro-bevrugting […]
# Die hoof van die Afrika-kommissie vir Mense- en Volkeregte, Solomon Ayele Dersso, sê Suid-Afrika het die reg om sy immigrasiewette toe te pas, terwyl die regte van ongedokumenteerde migrante beskerm word. Dersso het in Pretoria gepraat nadat ‘n afvaardiging sy vyf-dae-lange bevorderingsending na Suid-Afrika afgehandel het. Hy sê die feit dat iemand nie oor […]
# Byna alle katkos wat in ‘n nuwe ondersoek getoets is, het giftige stowwe bevat, insluitend chemikalieë wat in plastiek voorkom, die onkruiddoder glifosaat en swaarmetale soos lood, kwik en arseen. Die ondersoek, deur die Clean Label Project, het bevind katte kan deur hul leeftyd blootgestel word aan hiedie stowwe want hulle eet dikwels elke […]
# Eskom het 504 opeenvolgende dae sonder beurtkrag aangeteken en sy energiebeskikbaarheidsfaktor vir die jaar het tot dusver tot 68,11-persent verbeter. Die nutsmaatskappy sê dieseluitgawes het met 4,79-miljard-rand gedaal, ‘n afname van 80,49-persent vergeleke met die vorige jaar. Onbeplande kragonderbrekings het ook verbeter, met bykans twee-duisend-943 megawatt wat weer in gebruik geneem is. Eskom sê […]