Skip to content

JMPD veroordeel aanvalle op beamptes wat nie aan diens is nie [KLANK]

# Die Johannesburgse Metropolisie het ‘n vlaag aanvalle op sy personeel veroordeel. ‘n Verkeersbeampte, Reagan Joseph, is Donderdag doodgeskiet toe hy en twee kinders in sy privaat voertuig was. Een van die kinders is beseer en in die hospitaal opgeneem. Woordvoerder Xolani Fihla, sê dit is die derde aanval binne ‘n week. In die ander voorvalle is ‘n veiligheidsbeampte gekaap en vermoor, en nog ‘n beampte is gekaap en geskiet. Fihla bevestig die ondersoeke duur voort:

ENG-FihlaOnJMPD