# Die Universiteit van die Wes-Kaap sê professor Fanelwa Ngece-Ajayi se reis van haar kinderjarejare in Khayelitsha tot waar sy nou ’n vooraanstaande wetenskaplike is, toon die krag van onderwys, mentorskap en die ondersteuning van die gemeenskap. Ngece-Ajayi se navorsing fokus op groen nanotegnologie, insluitend sensors vir geneesmiddelmetabolisme, watersuiwering en tegnologieë om skadelike mikrobes te bekamp. Sy bevorder ook onderwys in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde in minderbevoorregte gemeenskappe, en put inspirasie uit die ondersteuning wat sy self van haar familie, onderwysers en mentors ontvang het.
Khayelitsha wetenskaplike erken vir navorsing oor groen nanotegnologie