Skip to content

Gautengse polisie ondersoek dubbele moord op tiener-tweeling

# Die Gautengse polisie ondersoek ‘n dubbele moord nadat 14-jarige tweeling seuns vermoor is in hul huis in Mamelodi-Wes, Tshwane. Die seuns se ma het volgens berigte op die lewelose liggame in hul slaapkamer afgekom toe sy van die werk af teruggekeer het. Die seuns het verskeie steekwonde opgedoen. Die motief vir die moorde is steeds onbekend, en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die polisie sê hulle volg leidrade op terwyl die ondersoek na die sterftes voortduur.