Skip to content

Hoof van Tennessee se gevangenisdiens bedank ná mislukte teregstelling

# Die hoof van Tennessee se Departement van Korrektiewe Dienste gaan dié maand bedank, ná die staat se mislukte poging om die veroordeelde moordenaar, Christa Pike, met ‘n dodelike inspuiting tereg te stel. Sy is in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal. Sy het Woensdag haar bewussyn verloor na die inspuiting en is aan ‘n ventilator gekoppel. Die goewerneur het ‘n onafhanklike ondersoek by die gevangenis in Nashville gelas. Pike is in 1995 toe sy 18 was, aan moord met voorbedagte rade vir skuldig bevind vir haar rol in die marteling en moord op die 19-jarige Colleen Slemmer.