Skip to content

NAAMSA verwelkom groei in verkope van nuwe voertuie

# Die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers van Suid-Afrika sê die land se mark vir nuwe voertuie toon steeds groei, met verkope wat in September 12,7-persent hoër was as in dieselfde maand verlede jaar. NAAMSA sê 61-duisend-645 voertuie is in die maand verkoop. Verkope van passasiersmotors het met bykans 15-persent gestyg, terwyl verkope van bakkies, afleweringsvoertuie en minibustaxi’s ook toegeneem het. Die voorsitter van die Nasionale Motorhandelaarsvereniging, Brandon Cohen, sê die vraag bly sterk ondanks druk op huishoudelike begrotings en hoër leningskoste. Hy sê bekostigbaarheid bly ‘n belangrike oorweging vir kopers.