# Sokker: Kaartjies vir die 2026 MTN8-eindstryd tussen Orlando Pirates en Mamelodi Sundowns is amptelik uitverkoop. Die eindstryd vind volgende Saterdag op die Moses Mabhida-stadion plaas en die hekke open om twee-uur die middag. Die Premier-sokkerliga sê ondersteuners moet hul kaartjies op hul selfone aflaai, aangesien skermgrepe en gedrukte kaartjies nie aanvaar sal word nie. Geen kaartjies word op die stadion verkoop nie. Pirates mik na ‘n vyfde agtereenvolgende MTN8-titel en hierdie is die klub se 21ste verskyning in die kompetisie.
Sokker: Kaartjies vir MTN8-eindstryd voor kragmeting tussen Pirates en Sundowns reeds uitverkoop