Skip to content

Rugby: Oorwinnings vir Haaie en Leeus in Verenigde Rugbykampioenskap se 2de ronde

# Rugby: Die Haaie, Leeus en Bulle was gister in die Verenigde Rugbykampioenskap in aksie. Die Haaie het die verdedigende kampioen, Leinster, op Kingspark met 26-20 geklop en ‘n bonuspunt-oorwinning behaal. Edwill van der Merwe het die deurslaggewende drie laat in die wedstryd gedruk. Die Leeus het ook hul tweede oorwinning in twee wedstryde behaal toe hul die Ospreys met 35-19 op Ellispark verslaan het, met vyf drieë in die tweede helfte. Die Bulle het egter hul eerste nederlaag die seisoen gely toe hulle ondanks drie drieë met 26-22 vasgeval het teen Munster op Thomondpark.