Skip to content

Sokker: Bafana pak Egipte in vriendskaplike wedstryd teen in Kaïro

# Sokker: Bafana Bafana pak Egipte vanaand in ‘n internasionale vriendskaplike wedstryd op die Kaïro Internasionale Stadion. Pitso Mosimane het sy tweede termyn as Bafana-afrigter goed begin met oorwinnings oor Guinee en Eritrea, waarin sy span sewe doele aangeteken het. Egipte is ook vol selfvertroue nadat die span Suid-Soedan met 5-0 geklop het. Bafana het, toe die twee spanne in 2025 in die Afrikabeker-toernooi ontmoet het, met 1-0 teen Egipte verloor nadat Mohamed Salah ‘n strafdoel aangeteken het. Salah sal na verwagting vanaand se kragmeting op die Kaïro Internasionale Stadion misloop. Afskop is om agtuur vanaand.