# Die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur het ‘n samewerkingsooreenkoms van vyf jaar met Africa Skills Village onderteken om ambagsopleiding en die lewering van infrastruktuur te versterk. Die vennootskap sal fokus op landelike distrikte, klein dorpe waar geakkrediteerde opleiding beperk is. Dit sal geleenthede bied vir blootstelling aan die werkplek, internskappe, beroepsopleiding en roetes na erkende […]
# Die Afrika-unie is gereed om die Afrika-kredietgraderingsagentskap hierdie week in Port Louis, Mauritius, bekend te stel. Die agentskap sal onafhanklike, Afrika-gerigte beoordelings van regerings, ondernemings en instellings verskaf. Die uitvoerende hoof en ambassadeur van die Afrika-meganisme vir Portuur-evaluering, Marie Antoinette Rose Quatre, skat Afrika se mark op ongeveer 66-duisend-miljard-rand, met minder as vyf-persent van […]
# ‘n Nuwe politieke beweging, die Born to Win-party, sal in die Polokwane-munisipaliteit deelneem aan November se plaaslike verkiesing. Die party se president en voormalige ANC Parlementslid, Boy Mamabolo, sê die beweging sal sy aandag op korrupsie en dienslewering vestig, veral in Limpopo. Mamabolo sê die helfte van die mense wat deur die party gewerf […]
# Die EFF-leier Julius Malema sê Eskom behoort genoeg inkomste te genereer om sy bedrywighede in stand te hou, eerder as om wins te maak. Tydens die party se provinsiale manifesgeleentheid in Motherwell, Gqeberha in die Oos-Kaap, het Malema aangevoer elektrisiteit is ‘n basiese reg en behoort meer bekostigbaar te wees. Hy het kritiek uitgespreek […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika bly verbind tot die stigtingsvisie van die Ontwikkelingsagentskap van die Afrika-Unie en die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling om ‘n voorspoedige en selfstandige Afrika te bou. Lamola het tydens die AUDA-NEPAD-stigtersberaad in Egipte gesê vrede, veiligheid en menslike ontwikkeling bly kernprioriteite. Hy […]
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het een-duisend-965 beamptes bevorder tot hoër range. Die SAPD sê dit is die eerste bevorderings van sowat drie-duisend wat in die huidige boekjaar beplan word, met ‘n tweede groep wat na verwagting teen 1 November aangekondig sal word. Beamptes wat bevorder is sluit in, 201 kolonels, 622 luitenant-kolonels, 899 kapteins en […]
# Die Labour-party het ‘n maand voor die plaaslike regeringsverkiesing sy belangrikste verkiesingsbeloftes uiteengesit tydens ‘n verkiesingsbyeenkoms in Mzinti, Nkomazi, in Mpumalanga. Waarnemende sekretaris-generaal, Gift Antonio, sê die party wil betroubare basiese dienste soos water, sanitasie, elektrisiteit en vullisverwydering herstel en werksgeleenthede skep. Hy sê die party stel veiliger woonbuurte voor deur straatligte in ‘n […]