# ʼn News24/SABI-meningspeiling toon indien die plaaslikeregeringsverkiesing môre gehou word, sal die ANC steeds die grootste party wees met 31,6-persent. Dit is egter 14-persentasiepunte minder as in die plaaslikeregeringsverkiesing van 2021. Die DA met 25,2-persent is nasionaal binne vyf punte van die ANC, gevolg deur die MK-party op 14,7-persent. Volgens die meningspeiling loop die DA voor in Johannesburg, Kaapstad en Tshwane, terwyl die MK-party in eThekwini voorloop met 43,4-persent. Vyfduisend-en-een geregistreerde kiesers is by die opname betrek.
News24/SABI-meningspeiling toon ANC verloor steun terwyl DA in drie metro’s voorloop