# Die Vryemarkstigting sê die debat oor die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette word voorgehou as ‘n stryd tussen die selfstandigheid van skoolbeheerliggame en staatsgesag, maar die werklike probleem lê in Suid-Afrika se gemengde stelsel van onderwysbestuur van 1996. Die wet het ten doel om bestuur in die onderwyssektor te versterk. Die stigting sê die probleem […]
# Die ANC bly hoopvol terwyl die party hom tot die Konstitusionele Hof wend in ‘n laaste poging om 181 kandidate te laat deelneem aan volgende maand se plaaslike regeringsverkiesing. Die party het die Onafhanklike Verkiesingskommissie se sperdatum van 28 Augustus misgeloop om sy proporsionele verteenwoordigingslyste in ses munisipaliteite in te dien. Die Kieshof het […]
# Die verhoor van die beskuldigdes in die moorde op die kletsrymer Kiernan “AKA” Forbes en Tebello “Tibz” Motsoane begin vandag in die Hooggeregshof in Durban. Sewe beskuldigdes staan tereg op aanklagte insluitend sameswering om moord te pleeg, moord, poging tot moord en vuurwapenoortredings. Die broers Siyabonga en Malusi Ndimande, wat in November verlede jaar […]
# Forum for South Africa verwelkom die bevordering van een-duisend-965 polisiebeamptes wat hierdie maand in werking tree. Dis deel van die polisie se breër strategie om die organisasie te versterk deur bekwame leierskap, kundige wetstoepassing, aanspreeklikheid en verbeterde dienslewering aan gemeenskappe. Die organisasie se leier, Tebogo Mashilompane, sê loopbaanvordering kan beamptes se gemoed ‘n hupstoot […]
# Die kriminoloog Chris Kanyane sê misdadigers kom met byna enigiets weg te midde van ‘n gebroke strafregstelsel. Dit volg ná die onlangse massa-skietvoorvalle in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal waarin meer as 30 mense dood is. Kanyane sê mislukte ondersoeke, lae skuldigbevindingsyfers en ‘n polisiemag sonder voldoende hulpbronne gee misdadigers vrye teuels en gemeenskappe […]
# Sowat 500 hoërskole in Frankryk is vandag ten volle of gedeeltelik gesluit terwyl leerderbetogings voortduur. Die minister van Onderwys, Édouard Geffray, sê die sluitings is ‘n veiligheidsmaatreël terwyl verdere betogings môre beplan word. Die betogings het in September begin weens ‘n tekort aan onderwysers, oorvol klaskamers en swak-onderhoude skoolgeboue en sommige het gewelddadig geraak. […]