Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 5 Oktober 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin met krieket: Die Protea-snelbouler Anrich Nortjé is opgewonde oor die vooruitsig om weer in ‘n toets-span te wees. Die 32-jarige, wat in 2023 laas in ʼn toets gespeel het, is ingesluit in Suid-Afrika se voorlopige groep van 18 vir die Wêreld-toetskampioenskapsreeks van drie wedstryde teen Australië. Nortjé sê hy het voorberei om moontlik opgeroep te word, en het gefokus op sy vaardighede met die rooi bal, sy lopietelling geleidelik op te bou en meer boulbeurte te hanteer. Die eerste toets begin Vrydag op Kingsmead in Durban.
# Rugby: Die Springbok-vroue het hulle W15-wêreldreeks-toer in Europa met ʼn oorwinning van 20-0 oor Spanje afgesluit. Suid-Afrika het rustyd in Sevilla 10-0 voorgeloop en hulle sewende agtereenvolgende oorwinning oor Spanje in uiterste hitte behaal na drieë deur Catha Jacobs, Aseza Hele en Jakkie Cilliers. Franzel September, wat die hoofafrigter-pligte met Laurian Johannes-Haupt deel, sê hulle is veral tevrede met die manier waarop hulle die Spaanse span se vloei kon belemmer:
# Gholf: Adrian Meronk van Pole was vier houe agter, maar het die Suid-Afrikaner, Casey Jarvis, verbygesteek en die Alfred Dunhill Links-kampioenskap in Skotland gewen. Die 33-jarige speler het op vier onder 68 klaargemaak om sy vyfde DP World-toertitel te buit. Jarvis, met ʼn laaste ronde van 72, was gelykop tweede saam met die Deen, Niklas Nørgaard. Die wêreld-nommer 979, Michael Stewart van Skotland, was op 16-onder in die vierde plek saam met Tommy Fleetwood van Engeland. Verlede jaar se kampioen, die Skot Robert MacIntyre, was sesde.
# Tennis: Die 24-malige Grand Slam-wenner, Novak Djokovic, is steeds op koers om die Chinese Ope die sewende keer te wen. Hy het die eerste-gekeurde Alexander Zverev van Duitsland geklop en die halfeindronde gehaal. Die Serwiër se wenrekord van 32-0 in Beijing is die beste ooit in ‘n mansenkelspel-toervlak-toernooi in die Ope-era. Hy speel volgende teen Daniil Medvedev van Rusland. Djokovic sê dis dié soort oomblikke waarvoor hy steeds speel:
# En laastens, motorsport: Max Verstappen het sy eerste oorwinning van die seisoen vir Red Bull behaal tydens ‘n chaotiese Bahreinse Grand Prix in Maleisië wat gekenmerk is deur stortreën, ‘n lang vertraging tydens wegspring en veiligheidsmotors. Kimi Antonelli van Mercedes was tweede en het sy bestuurderskampioenskaps-voorsprong bo sy spanmaat George Russell tot 84 punte vergroot nadat ‘n enjinfout die Brit vyf rondes voor die einde uitgedwing het. Lewis Hamilton van Ferrari was derde, sy spanmaat Charles Leclerc vierde en Isack Hadjar van Red Bull vyfde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….