# Die ANC bly hoopvol terwyl die party hom tot die Konstitusionele Hof wend in ‘n laaste poging om 181 kandidate te laat deelneem aan volgende maand se plaaslike regeringsverkiesing. Die party het die Onafhanklike Verkiesingskommissie se sperdatum van 28 Augustus misgeloop om sy proporsionele verteenwoordigingslyste in ses munisipaliteite in te dien. Die Kieshof het die party se appèlaansoek daarna van die hand gewys. Die ANC voer egter aan die kandidate se besonderhede is reeds op die OVK se stelsel gelaai, maar die finale indiening is nie voltooi nie.
ANC wend hom tot Konstitusionele Hof in laaste poging oor kandidaatgeskil