Skip to content

Verhoor van beskuldigdes in AKA- en Tibz-moordsaak begin in Durban

# Die verhoor van die beskuldigdes in die moorde op die kletsrymer Kiernan “AKA” Forbes en Tebello “Tibz” Motsoane begin vandag in die Hooggeregshof in Durban. Sewe beskuldigdes staan tereg op aanklagte insluitend sameswering om moord te pleeg, moord, poging tot moord en vuurwapenoortredings. Die broers Siyabonga en Malusi Ndimande, wat in November verlede jaar uit Eswatini uitgelewer is, is onder die beskuldigdes. Hulle het na bewering verskeie rolle gespeel in die skietvoorval in Februarie 2023 buite die Wish-restaurant in Floridaweg in Durban.