# Die adjunkminister van Vervoer, Nkhululeko Hlengwa, sê die regering ondersoek veranderings aan die wyse waarop die Padongelukkefonds befonds word. Hy steun ‘n gemengde befondsingsmodel, wat kan beteken die huidige brandstofheffing word verminder of selfs afgeskaf en ander bronne van befondsing word ingestel. Dit kan derdeparty-voertuigversekering en reisversekering vir buitelandse besoekers insluit. Die fonds ontvang tans twee-rand-27-sent van elke liter brandstof wat verkoop word. Hlengwa sê die huidige befondsingsmodel is nie volhoubaar nie en dringende hervorming is nodig om te verseker die fonds bly lewensvatbaar.
Minister Hlengwa ten gunste van veranderings aan Padongelukkefonds-brandstofheffing