# Die Regterlike Dienskommissie het besluit om regters Gerald Bloem, Mmathebe Phatshoane en Esther Steyn by president Cyril Ramaphosa aan te beveel vir drie vakante poste by die Appèlhof. Bloem is gister tydens sy onderhoud uitgevra oor sy beslissing wat Shell se eksplorasie van olie en gas aan die Wildekus uiteindelik verbied het. Phatshoane het […]
# Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die jongste brandstofprysverhogings sal die landbousektor onder geweldige druk plaas. Petrolpryse styg van môre af met tussen drie-rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter; dieselpryse met tussen twee-rand-84-sent en drie-rand-24-sent per liter, en die prys van paraffien met vier-rand-77-sent per liter. Bennie van Zyl van TLU SA sê die hoër brandstofkoste […]
# Die vakverbond COSATU sê die komende massiewe stygings in brandstofpryse, van gemiddeld drie-rand vir petrol, diesel en paraffien, is nog ʼn terugslag wat die werkersklas en die ekonomie eenvoudig nie kan bekostig nie. Hy vra die Parlement om die Tweede Spesiale Toewysingswetsontwerp te bekragtig wat tien-miljard-rand aan die Sentrale Energiefonds se Gelykmakingsfonds beskikbaar sal […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump het ‘n uitvoerende bevel onderteken om beperkings op die gebruik van ‘n belastingvrye soort diesel te verslap, ten einde dieselpryse, wat naby rekordvlakke is, te verlaag. Volgens die Withuis sal die bevel “gekleurde” diesel, wat gewoonlik vir veldgebruik bedoel is, tydelik op hoofweë toelaat, en die toepaslike federale aksynsbelasting […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Coco Gauff, sê sy is op sosiale media aan rassistiese aanvalle blootgestel na haar oorwinning oor Sun Xinran by die Chinese Ope in Beijing. Die Amerikaner was 4-5 voor in die eerste stel toe Sun gedink het sy het ʼn kishou geslaan. Gauff het egter ophou speel oor ʼn flikkerende lig […]
# Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid vra openbare vervoer- en leerdervervoer-operateurs om versigtig te wees en verantwoordelik te bestuur, aangesien skole vandag vir die laaste kwartaal van die akademiese jaar heropen. Sello Maremane van die departement sê nie-nakoming van verkeerswette en onveilige vervoerpraktyke nie geduld sal word waar dit die lewens van leerlinge en ander […]
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê die tugverhoor van die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is gister gehou, ten spyte van berigte dat dit gestaak is. Hy word na aanleiding van inligting by die Madlanga-kommissie beskuldig van korrupsie en wangedrag. Sibiya bly in aanhouding oor afsonderlike bewerings van verkragting en seksuele gereedmaking. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, […]