# Die Regterlike Dienskommissie het besluit om regters Gerald Bloem, Mmathebe Phatshoane en Esther Steyn by president Cyril Ramaphosa aan te beveel vir drie vakante poste by die Appèlhof. Bloem is gister tydens sy onderhoud uitgevra oor sy beslissing wat Shell se eksplorasie van olie en gas aan die Wildekus uiteindelik verbied het. Phatshoane het klem gelê op haar werk as rolmodel vir jong vroue, terwyl Steyn haar tyd by die Verkiesingshof beklemtoon het. Die kommissie voer tans onderhoude om 22 poste by elf howe te vul.
Regterlike Dienskommissie beveel Bloem, Phatshoane en Steyn aan vir aanstelling by Appèlhof