Skip to content

SAPD bevestig Shadrack Sibiya se tugverhoor gaan volgende week voort [KLANK]

# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê die tugverhoor van die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is gister gehou, ten spyte van berigte dat dit gestaak is. Hy word na aanleiding van inligting by die Madlanga-kommissie beskuldig van korrupsie en wangedrag. Sibiya bly in aanhouding oor afsonderlike bewerings van verkragting en seksuele gereedmaking. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê Sibiya het uitstel gevra om met sy regspan te beraadslaag. Dit is toegestaan en die verhoor sal Maandag voortgaan:

ENG MatheONSibiya