# President Cyril Ramaphosa sê die presidensiële Een-miljard-bome-veldtog kan klein- en grootskaalse ekonomiese bedrywighede bevorder en werk skep. Die veldtog is deel van die bestaande Nasionale Vergroeningsprogram wat oor die volgende vyf jaar ʼn miljard bome wil plant. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief die hantering en oorkoming van ongelykhede vereis dat die Vergroeningsprogram ook bydra om voedselsekerheid, landelike ontwikkeling en vroue-bemagtiging te bevorder. Hy sê bewaring en maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling is nie wedersyds uitsluitend nie.
Ramaphosa sê vergroeningsprogramme kan onder meer werksgeleenthede skep