Skip to content

Krieket: IKR stel planne uit vir ‘n Wêreldklubkampioenskap na teenkanting van Engeland, Australië en Indië

# Krieket: Die Internasionale Krieketraad het planne tot minstens 2031 uitgestel om ‘n Wêreldklubkampioenskap en bykomende internasionale toernooie in te stel. Dit volg op teenkanting van Engeland, Australië en Indië, wat aanvoer daar is nie plek op die kalender vir nog byeenkomste nie, tensy bestaande toernooie soos Wêreldbekertoernooie en die Kampioene-trofee verwyder word. Die IKR se poging om nuwe kompetisies in te stel het ontstaan vanweë ‘n dringende behoefte om sy inkomste te verhoog, want wêreldwye mediaregte se inkomste sal van volgende jaar na verwagting aansienlik daal.