# Rugby: ‘n Stampvol Kaapstad-stadion word Saterdag verwag vir die Verenigde Rugbykampioenskaps-derby tussen die Stormers en die Haaie. Die besoekers se kaptein, die veelsydige Springbok André Esterhuizen, is baie opgewonde oor die kragmeting, veral oor die moontlikheid van ‘n vol stadion. Die Haaie het hul eerste twee wedstryde tuis gewen, terwyl die Stormers gemengde uitslae […]
# Die voormalige adjunkhoof van Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan, se verskyning voor die Madlanga-kommissie is onbepaald uitgestel ná die skietdood van ‘n familielid, Preggy Padayachee, gisteraand naby die OR Tambo-internasionale lughawe in Gauteng. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Khan sou agter geslote deure getuig nadat hy in Junie ‘n beweerde sluipmoordpoging oorleef het. […]
# Die vakbond Solidariteit het ‘n skikkingsvoorstel oor Suid-Afrika se rasgebaseerde beleide aan die Suid-Afrikaanse en die Amerikaanse regering voorgelê om die land se voordele ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika te beskerm. Woordvoerder Theuns du Buisson sê die Withuis heroorweeg Suid-Afrika se deelname en hy verwag ‘n aankondiging teen 1 November. […]
# Die finansiële dienstegroep en langtermynversekeraar Sanlam wil die oorblywende 37,3-persent aandeel in die korttermynversekeraar Santam verkry. Santam sal van die Johannesburgse Aandelebeurs, die Namibiese Aandelebeurs en A2X geskrap word indien die transaksie deur minderheidsaandeelhouers goedgekeur word. Sanlam bied 505-rand per aandeel aan beleggers. Uitvoerende hoof, Paul Hanratty, sê Santam se raad het bevestig hul […]
# Frankryk maak gereed vir ‘n landwye dag van leerderbetogings nadat meer as vyf-duisend mense verlede week in hegtenis geneem is. Tot 500 hoërskole is heeltemal of gedeeltelik gesluit. Die onrus het begin weens ‘n tekort aan onderwysers, oorvol klaskamers en vervalle skoolgeboue. Meer as 170 leerders en 78 onderwysers is beseer. Die onrus het […]
# Gholf: LIV Gholf het ‘n finansieringsbelofte van 4,98-miljard-rand van BC Partners Credit verkry om die wegbreek-liga voor die 2027-seisoen by te staan. LIV het verlede maand in Amerika aansoek gedoen om bankrotskaps-beskerming om te herstruktureer nadat Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds sy finansiële steun onttrek het. BC Partners Credit sê die belegging sal LIV help […]
# President Cyril Ramaphosa sê sy besoek aan Egipte het die bilaterale bande verder verstewig. Hy het die uitkomste van die agtste halfjaarlikse werksvergadering van die Afrika-unie uitgelig, sowel as sy gesprekke met president Abdel Fattah el-Sisi oor die verdieping van betrekkinge tussen die twee lande. Ramaphosa sê sy besoek aan antieke erfenisterreine, insluitend die […]