# Die vakbondfederasie COSATU en geaffilieerde vakbonde sal môre Wêrelddag vir Waardige Werk herdenk met optogte en plakkaatbetogings om werkers se uitdagings te beklemtoon. Woordvoerder Zanele Sabela sê werkers word swaar getref deur toenemende afleggings, die nie-nakoming van die nasionale minimumloon, toenemende tydelike aanstellings en druk op gesamentlike bedingingsregte. Sy sê die nakoming van die […]
# Sokker: Hoewel Lionel Messi vanaand sy laaste wedstryd vir Argentinië speel, is sy betrokkenheid by sokker nog lank nie verby nie. Die 39-jarige sal sy 208ste verskyning vir Argentinië maak teen Benin in Buenos Aires en sy internasionale loopbaan van meer as twee dekades afsluit. Messi se kontrak met Inter Miami strek tot 2028, […]
# Die African Transformation Movement vra ‘n ondersoek na beweerde gevalle waar werk in ruil vir stemme aangebied is in die Buffalo City-metro in die Oos-Kaap. Woordvoerder Zama Ntshona sê vrywilligers is meegedeel hulle sou poste in die Uitgebreide Openbare Werksprogram kry indien hulle hul ATM-T-hemde vir ANC-T-hemde verruil. Hy sê hulle gaan die speaker […]
# Australië se opposisiekoalisie van die Liberale en die Nasionale Party beloof die grootste vermindering in immigrasie in die land se geskiedenis indien hulle aan bewind kom. Opposisieleier Angus Taylor sê netto-migrasie sal die eerste twee jaar tot 100-duisend per jaar verlaag word en teen die vierde jaar tot 160-duisend styg. Tydelike visums sal oor […]
# ActionSA vra die minister van Finansies, Enoch Godongwana, om die brandstofheffing dringend te hersien en te verlaag namate brandstofpryse en lewenskoste styg. Woordvoerder Alan Beesley sê hoër brandstofpryse verhoog vervoerkoste, dus vermeerder voedselpryse en basiese dienste terwyl klein ondernemings en huishoudelike begrotings onder druk is. Hy sê die Inkomstediens het in 2025/26 ‘n netto-inkomste […]
# AfriForum begin met ‘n ondersoek na Suid-Afrika se brandstofheffings en sê die regering versuim om op te tree. Woordvoerder Ernst van Zyl sê hul navorsingspan sal die algemene brandstofheffing, die koolstofheffing en die Padongelukkefonds-heffing ondersoek, insluitend hoe die geld bereken en bestee word. Hy beklemtoon stygende brandstofpryse verhoog finansiële druk op verbruikers, ondernemings en […]
# Activists and Citizens Forum vra geregtigheid vir die voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, nadat die saak teen hom teruggetrek is. Woordvoerder Dennis Bloem sê die skade wat die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie aangerig het, kan nie regverdig word nie en die aanklagte moet heeltemal geskrap word. Hy beweer daar is sedert 2016 versuim om […]
# Rugby: ‘n Stampvol Kaapstad-stadion word Saterdag verwag vir die Verenigde Rugbykampioenskaps-derby tussen die Stormers en die Haaie. Die besoekers se kaptein, die veelsydige Springbok André Esterhuizen, is baie opgewonde oor die kragmeting, veral oor die moontlikheid van ‘n vol stadion. Die Haaie het hul eerste twee wedstryde tuis gewen, terwyl die Stormers gemengde uitslae […]