# Activists and Citizens Forum vra geregtigheid vir die voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, nadat die saak teen hom teruggetrek is. Woordvoerder Dennis Bloem sê die skade wat die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie aangerig het, kan nie regverdig word nie en die aanklagte moet heeltemal geskrap word. Hy beweer daar is sedert 2016 versuim om die saak behoorlik te ondersoek. Bloem vra die inhegtenisneming van diegene wat Phahlane se verwydering beplan het:
Forum wil hê aanklagte teen Phahlane moet ten volle teruggetrek word [KLANK]
ENG BloemOnPathlane