# ‘n Nuwe meningspeiling van Reuters en Ipsos toon die Amerikaanse president, Donald Trump, se gewildheidsyfer het tot ’n rekordlaagtepunt van 32-persent gedaal voor volgende maand se middeltermynverkiesing. Dit sal bepaal of sy Republikeinse Party beheer behou oor die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat. Trump se steun onder sy eie partylede het ook afgeneem vanaf 82- tot 73-persent. Slegs 17-persent van die deelnemers keur sy hantering van lewenskoste goed, terwyl 34-persent sy aanvalle op Iran steun. Trump bly egter gewild onder Republikeine rondom kwessies soos immigrasie en misdaad.
Jongste peiling toon Trump se gewildheidsyfer daal tot rekordlaagtepunt