# Die MK-party het burgemeesterskandidate vir ses metropolitaanse munisipaliteite benoem voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die kandidate is voormalige DA-burgemeester Bongani Baloyi vir Johannesburg, Thulani Shongwe vir Ekurhuleni, Zandile Hlophe-Mkhwanazi vir eThekwini, Mapaseka Mothibi vir Mangaung, Mzwandile Vaaiboom vir Buffalo City en Mvuleni Map vir Nelson Mandelabaai. Sibonelo Nomvalo van die party sê […]
# Reddingswerk in Nepal en aan die grens met Tibet betree ‘n kritieke stadium terwyl spanne soek na honderde vermiste mense na die verwoestende kitsvloede. Minstens 469 mense is in Nepal dood, met byna ‘n duisend wat steeds vermis word. In Tibet word 558 mense vermis. Reddingspanne moes ook die bedreiging van ‘n tweede vloed […]
# Die Kabinet het Eskom se voortgesette vordering verwelkom, met sewe provinsies wat lasverminderingstatus voor die Oktober-teiken bereik het. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê sowat 1,2-miljoen kliënte is na normale voorsiening herstel, terwyl geaffekteerde kliënte nou 6,8-persent van Eskom se basis uitmaak. Sy verwelkom ook die vermindering in dieselbesteding van meer as […]
# Die Kabinet sê die regering is besig met voorbereidings vir die registrasie en bekendstelling van ‘n nuwe tuberkulose-entstof indien die voortgesette Fase Drie-toetse suksesvol is. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die M72/AS01E-kandidaat word in Suid-Afrika en ander lande getoets en is gemik op die voorkoming van om aktiewe pulmonale tuberkulose by […]
# Die kabinet sê voorbereidings vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing op 4 November is goed op dreef. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê samewerkingstrukture is op alle regeringsvlakke ingestel om te verseker die verkiesing is vry, regverdig, geloofwaardig en vreedsaam. Ntshavheni het die onlangse moorde op raadslede veroordeel en vra Suid-Afrikaners om intimidasie, […]
# Russiese hommeltuigaanvalle het vandag die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, en omliggende gebiede getref, met skade aan huise, pakhuise en woonstelblokke. Minstens een persoon is buite Kiëf dood en vier is beseer in ‘n afsonderlike aanval op ‘n huisverbeteringswinkel. Nooddienste sê die Kiëf-streek is die afgelope 24-uur 38 keer aangeval. Lugaanvalsirenes het in die hoofstad weerklink, […]
# Die Minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika moet van energiebeplanning na lewering oorgaan, gerugsteun deur ‘n elektrisiteitsbeleggingsprogram van 2,23-duisend-miljard-rand. Ramokgopa het tydens ‘n byeenkoms van rolspelers in die energiesektor in Johannesburg gesê die Geïntegreerde Hulpbronplan mik daarna om teen 2039 sowat 105-duisend-megawatt nuwe opwekkingsvermoë by te voeg. Dit sluit in son-, […]