# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, sê Suid-Afrika sal nie teen 2030 sonder water wees nie, ondanks plaaslike tekorte. Hy het tydens ‘n ministeriële gesprek oor watersekerheid gesê die land het ongeveer 95-persent watervoorsieningsversekering, maar benodig groot beleggings in infrastruktuur. Mahlobo sê die Polihali-dam sal na verwagting vanaf 2028 bykomende water aan […]
# Brandstofprysskokke wag volgende week op Suid-Afrikaanse motoriste. Data van die Sentrale Energiefonds toon 95-oktaan petrol se prys kan met meer as een-rand per liter styg, en dié van 93-oktaan met 93-sent. Dieselpryse sal na verwagting met byna drie-rand per liter styg en lampolie met twee rand-16-sent per liter. Gauteng se dieselprys kan weer tot […]
# Die taxi-baas Joe “Ferrari” Sibanyoni het onthul dat taxigeweld afgeneem het onder sy leierskap van 2020 tot nou. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig daar is nou minder voorvalle van geweld binne die bedryf. Sibanyoni het die verbetering deels toegeskryf aan verhoogde polisie-vermoë en pogings om vrede te bevorder op ampsdraers-vergaderings. Hy sê die […]
# Rugby: Die Springbokke het bevestig die ervare losskakel Handré Pollard gaan môre se tweede toets teen die All Blacks in Kaapstad misloop weens ‘n kuitbesering. Sacha Feinberg-Mngomezulu vervang hom in die nommer tien-trui en Manie Libbok bied dekking op die bank. Afrigter Rassie Erasmus het ook aangekondig die drieë-vraat Cheslin Kolbe is in die […]
# Die taxibaas Joe “Ferrari” Sibanyoni sê die Shongwe-kommissie het bevind slagoffers van taxiverwante geweld in Gauteng is met hoëkalibergewere en ander vuurwapens doodgeskiet. Sibanyoni het voor die Madlanga-kommissie getuig die wapens is soortgelyk aan dié wat staatsinstellings soos die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die polisie gebruik. Hy sê die kommissie het Ezinkabi ook geïdentifiseer […]
# Activists and Citizens Forum sê bewerings van stemkopery binne die ANC bestaan al lank en vereis groter openbare ondersoek. Dit volg op onlangse bewerings deur ‘n lid van die party se Nasionale Uitvoerende Komitee, Nkosazana Dlamini-Zuma. Die forum beweer dat omkopery plaasgevind het tydens leierskapsverkiesings, insluitend 2007 se konferensie in Polokwane. Woordvoerder Dennis Bloem […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, begin sy Amerikaanse Ope-titel verdedig teen Roman Safiullin van Rusland. Die Spanjaard het sedert April nog nie in enige enkelspelwedstryde gespeel nie weens ‘n gewrigsbesering. Alcaraz kan moontlik die viermalige kampioen Novak Djokovic in die halfeindstryd ontmoet. Die Serwiër speel in die eerste ronde teen die Argentyn Mariano Navone. […]
# Die DA in die Wes-Kaap neem kennis van die ANC se erkenning dat voortdurende moorde en geweldsmisdaad gemeenskappe in die provinsie raak en dringend aandag verg. Gillion Bosman van die DA sê dit is egter nie genoeg om die probleem net te erken nie en vra ANC-lede in die provinsiale wetgewer om hul invloed […]